Aan Jou – die leser – Genade en Vrede

Welkom by Kingsway Durban Noord se blog! Dit is vir my ‘n ontsagwekkende voorreg om hierdie gemeente van God te lei in ‘n nuwe seisoen. Ek bid dat ons Vader u sal seën met uitmuntende genade in Jesus Christus ons Here.

Ek het onlangs met die gemeente gesels oor wat dit beteken om die “gemeente” van God genoem te word. Die griekse woord hier is ekklesia wat vertaal word as “die samekoms of byeenkoms van mense met ‘n gemeenskaplike doel.” Die klem hier is op die “samekoms” en “byeenkoms” van gelowiges. met die doel om Jesus Christus te verheerlik. Wanneer ons “saam kom” is dit nie soos ‘n vinnige ontmoeting in die winkel waar ons net bymekaar verby stap of ‘n paar groete deel nie. ‘n Samekoms is ‘n byeenkoms – ‘n bymekaar kom – ‘n eenwording van ‘n groep. Ons deel saam in die wonder van God en die genade in Jesus Christus. Deur die Heilige Gees wat in elke een van ons werk, word ons saamgevoeg en opgebou tot ‘n heilige woning vir ons God (Ef 2:19-20). Ons gemeenskaplike doel is om Christus te verheerlik, want alles is in Hom en deur Hom en vir Hom geskep (Kol 1:15-16).

Hy is aangestel as Hoof van die kerk (Kol 1:18) – Jesus die Eerste, die Uitnemende Seun van God. Alles wat ons in hierdie gemeente saam doen is vir Hom en tot Sy heerlikheid. As liggaam van Christus, eer ons die Hoof. Deur ons gemeenskaplike liefde en vrede onder mekaar word Hy veheerlik – want hier aan sal almal weet dat ons Sy dissipels is (Joh 13:35)

Genade en Vrede vir u in God ons Vader, die Here Jesus Christus en die Heilige Gees.

Rudolf

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s